Numsa wil ook politiek toe

Die swart vakbond, National Union of Metalworkers of SA (Numsa) het bekend gemaak dat hulle in 2019 as afsonderlike party aan die algemene verkiesing in die land sal deelneem.

Tydens ’n mediakonferensie het ’n woordvoerder ook bekend gemaak dat die vakbond die kapitalistiese- en die ekonomiese stelsels in geheel verwerp

Na wat verneem word, sal die party, bekend as die United Front and Movement for Socialism.(UFMS) bekend sal staan.

Ingeligte waarnemers is van mening dat die nuwe party tot stand gekom het met die skorsing van Vavi uit Cosatu, en die verwydering wat daarna ingetree het tussen die vakverbond Cosatu en Numsa.

Numsa woordvoerders sê die feit dat daar na 20 jaar van ANC heerskappy steeds meer as 25 miljoen verarmde swartes in die land is, ’n kommerwekkende situasie is wat reggestel moet word.

Politieke waarnemers meen die moontlikheid is nie uitgesluit dat Malema se EFF en Numsa in 2019 sal hande vat en dit kan lei tot die finale ondergang van die ANC as regeerder.

Dit sal ’n nuwe fase van sosialisme en kommunisme inlei, word gesê.