Noord-Korea se stemproses

Noord-Korea het verlede Sondag ’n verkiesing gehou, maar die stembrief het slegs een naam bevat, dié van Kim Jong-Oen wat die diktatorskap van sy pa geërf het.

Kim Jong-Oen is nie net tot die Wetgewende liggaam verkies nie, hy is ook 100% gesteun as heerser van die land.

Die Noord-Koreane het gaan stem vir hulle leier, maar dit word deur die res van die wêreld beskou as ’n politieke maneuvrering om kiesers te laat voel hulle kon hulle gevoel en mening uitdruk op ’n stembrief.

Die stemming is die eerste sedert Kim Jong 11 se dood.

Kiesers kon darem ’n keuse maak tussen “nee” en “ja” op die stembrief, maar na berig word, is feitlik geen “nee” stem uitgebring nie.