Nog ‘n "heil Hitler" gebeurtenis

Dit is nie net in Potchefstroom waar die storms losbars oor die Hitler groet nie!

Uit die Poolse stad, Warschau word verneem dat die premier van die land, Donald Tusk, dit nou ernstig oorweeg om ’n senior bondgenoot vaarwel toe te roep nadat dié blykbaar te veel alkohol in sy are gehad het en toe “Heil Hitler!” vir ’n Duitse lughawe beampte geskree het.

Blykbaar was Jacek Protasiewicz, die visepresident van die Europese parlement, by die voorval betrokke, en Pole beleef dit as ’n ernstige verleentheid vir die land en die regering.

Tusk sê in ’n verklaring dat Pole werklik poog om die vyandigheid weens vroeëre oorloë teen Duitsland eenkant te gooi. en wil eerder goeie betrekkinge met die Duitsers handhaaf.

Die Duitse koerant Bild beweer dat ooggetuies gesê het Protasiewicz, ’n senior van die Poolse regerende party, was onvas op sy voete toe hy in Frankfurt geland het.

Hy het blykbaar “Heil Hitler!” geskree toe ’n doeannebeampte hom genader het.

Later het Protasiewicz aan die media erken hy het twee bottels wyn tydens die vlug geniet.

Foto – Donald Tusk