Navorsing lewer nare resultaat

In ’n Internasionale navorsingsprojek wat deur ’n versekeringsmaatskappy gedoen is, blyk dit dat mans hulle beter gedra as vroue wanneer die verkeer frustrasies veroorsaak by motorbestuurders.

Volgens die internasionale verslag skel meer dames en wys lelike tekens tydens verkeer-frustrasies, terwyl mans eerder die toeter sal gebruik om sy ontevredenheid te kenne te gee.

Volgens die navorsing is vroue meer dikwels by padwoede voorvalle betrokke as mans, en is die tendens besig om drasties toe te neem.

Die neiging is ook waarneembaar in Suid-Afrika, met sy oorbekende kultuur van aggressie op die pad, wat ook hand aan hand gaan met spanningsvolle leefstyl, word gesê.

In teenstelling met die bevindinge het die Automobiel-Assosiasie (AA) egter ander gegewens oor padwoede vrygestel.

Volgens hulle waarneming is 55% van alle gevalle deur mans en slegs 3% deur vroue.

Die res is ongelukkig nie gedokumenteer nie.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het aan Die Vryburger gesê dat die Boere-Afrikanervrou beslis nie deel uitmaak van die vroue wat skel en lelike tekens gee nie.

“Die RVB vereenselwig hulle met die bevinding van die AA. Ons mense is wel opgevoed en handhaaf beskaafde standaarde,” het sy gesê.