Misplaaste sensasie

Anders as die ganse wêreld, wat deur middel van die wêreldwye media-netwerk, besig is om miljoene Rand in hulle sakke te steek met sensasionele beriggewing oor die verloop van die Oscar Pistorius hofsaak, gaan Die Vryburger ongestoord voort met nuus wat saakmaak sonder om mense op loop te jaag.

Lesers kan wel vra waarom die opspraakwekkende saak nie in Die Vryburger gedra word nie, en daarop is die antwoord eenvoudig.

Die Vryburger wil nie saam met die res van die wêreld, regter speel of iemand probeer skuldig bevind voordat die regter sy uitspraak gelewer het nie.

Dit is en bly vreemd dat joernaliste in hulle tientalle meedoen aan die opdrag van hulle werkgewers om elke greintjie en brokkie inligting te verhef tot iets uit ’n ander wêreld.

Hierdie manier van beriggewing is ’n metode van besigheid doen, terwyl families treurend die hofverrigtinge probeer volg.

Dit is ’n wesenlike probleem wat regoor die wêreld sy verskyning gemaak het, en sal klaarblyklik voortduur solank die mensdom bestaan.

Dit is wel ’n belangrike hofsaak, maar die vraag is hoeveel belangriker kan die voorval wees teenoor die honderde gevalle waar onskuldige volksgenote aan die hand van gewelddadige barbare die lewe gelaat het.

Daaroor berig die media maar halfhartig, en is daar dikwels nog ’n sweempie sarkasme, of nydige opmerking te bespeur.

Die gewelddadigheid, die wreedheid en ongekende aggressie waarmee onskuldige volksgenote, dikwels oues van dae of ’n kleine kindjie, gedurende die afgelope dekades uitgemoor is, behoort aansienlik meer prominensie te geniet in die media as enige enkel moord geval soos die Oscar-saak.

Daar is ook ’n ander vreemde verskynsel. Is dit nie besonder vreemd dat daar steeds stemme opgaan van geleerdes aan Universiteite wat nog knaend probeer om apartheid die sondebok te maak vir die wrede moorde op ons volk nie?

Dit is onbegryplik dat daar nog soveel blankes, selfs geleerdes is, wat nie die geskiedenis van Afrika ken nie – ’n geskiedenis waar die witman die beskawing wou bring, maar uiteindelik, sonder enige sweem van apartheid in daardie lande, die aftog moes blaas of die dood tegemoet moes gaan.

So onlangs as verlede jaar het ons verneem hoe blankes van hulle wettig verkreë regte afstand moes doen in Zimbabwe toe hulle verjaag is omdat swartes die grond wou inpalm. Dáár was nooit apartheid in daardie land, net soos daar nooit apartheid was in die res van die noordelike state in Afrika nie

Ons hoop dat die geleerdes die wreedheid en trauma gespaar sal bly van die barbaarse wyse hoe honderde volksgenote al met hul lewens moes betaal, en derduisende gesinne as gevolg daarvan, hulle van ’n rustige bestaan ontneem is.

Die skewe beriggewing in die media is dikwels misplaaste sensasie-berigte, en sekere geleerdes kan gerus hulle feite nagaan sodat hulle menings geloofwaardig sal wees.

Volksgenote moet tog maar kennis neem van sekere geleerdes se naïwiteit.

Redakteur