Merkel verskil van Poetin

Dr. Angela Merkel, die Bondskanselier van Duitsland, het in ’n telefoongesprek met pres. Wladimir Poetin van Rusland, gesê sy is van oordeel dat die Krim referendum wat verlede week gehou is, ’n onwettige handeling is.

Merkel het Duitsland se siening onomwonde gestel en gesê die referendum wat gehou is, druis in teen internasionale wette en is in botsing met die grondwet van die Oekraïne.

Hierop het Poetin glo daarop gewys dat die aanwys van ’n tussentydse regering in die Oekraïne selfs ’n erger vergryp is as wat die Krim-referendum kan wees.

Merkel het blykbaar die klem probeer plaas op die nood om ’n oplossing in dié land te vind,

Die telefoongesprek tussen Poetin en Cameron van Brittanje was blykbaar ook stram, en dit het daartoe gelei dat Rusland in ’n verklaring hulle standpunt gestel het waarin te kenne gegee word dat hulle hul teenwoordigheid in die Krim-skiereiland as wettig beskou, net soos wat Westerse lande hulle teenwoordigheid in die Oekraïne as wettig beskou, terwyl Rusland die Westerse betrokkenheid aldaar as ’n daad van aggressie beskou.