Die omstrede Robert McBride sal vanaf 3 Maart 2014 amptelik die hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoek-direktoraat (Opod) wees, het Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, aangekondig.
Mthethwa se woordvoerder, het reeds in 2013, met McBride se benoeming vir die pos gesê hy beskik oor die nodige kwalifikasies vir die amp.
Mthethwa het verklaar dat hy saam met McBride ’n mediakonferensie sal hou om hom as Opod-hoof bekend te stel.
McBride word onthou vir sy rol in die bomaanval in 1986 in
Hy het vir etlike jare ’n klag oor dronkbestuur beveg in die
Een parlementariër sê McBride was sedert 1994 betrokke by talle skandale wat nie misgekyk
Hy is deur die owerhede van Mosambiek gearresteer weens rampokkery.
Toe hy verlede jaar in ’n hofstryd betrokke was om weer aangestel te word in sy vorige pos as hoof van die metropolisie, het hulle geweier om hom weer in diens te neem.
Foto – Robert McBride
Die beste kandidaat vir die pos? Ja, sekerlik in hierdie terroriste nes wat die ANC so graag na verwys as synde n polisiemag te wees. Ons is reeds van alles gestroop in hierdie lifelike land van ons. Hoe gouer hulle nog meer sulke afbrekers aanstel, hoe gouer kan alles vergaan. Moontlik daarna het ons weer n kans om ons land sy waardigheid en voortreflikheid te laat terugkry. Hierdie imbesiele wesens het geen idee van hoe om te regeer nie. Geen!