Manuel en Motlanthe tree uit

Die uittrede van Trevor Manuel (58), Minister in die Presidensie, sal in werking tree na afloop van die algemene verkiesing

Saam met hom tree die adjunk-president Motlanthe uit om ’n ander heenkome te vind nadat sy poging om president te word, nie suksesvol was nie.

Blykbaar word daar van beide afskeid geneem in die parlement gedurende die komende week.

Dit is nie bekend waarmee die twee politieke figure hulle na die uittrede gaan besig hou nie.

Manuel het gerugte ontken dat hy dalk betrokke kan raak by die Wêreldbank of selfs by die Internasionale Monitêre Fonds.

Motlanthe het glo vaagweg te kenne gegee dat hy groter rustigheid soek