Man skiet vriende en homself

Wessel Hannekom van Hoedspruit, wat saam met twee vriende ’n huis gehuur het, is dood in sy kamer aangetref nadat hy sy twee vriende geskiet het met ’n haelgeweer.

Die drie vriende het glo die huis saam gehuur.

Dit is nie bekend waarom Wessel sy twee vriende, Jaco Matthee en Barend Botes geskiet het voor hy homself ook geskiet het nie.

Jaco is egter inderhaas na die hospitaal in Nelspruit geneem en verkeer in ’n ernstige maar stabiele toestand.

Die drie was blykbaar by ’n partytjie waar hulle iemand anders aangerand het. Die slagoffer moes later inderhaas na die hospitaal in Phalaborwa geneem word vir behandeling.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord, poging tot moord, aanranding asook die onwettige besit van ’n vuurwapen terwyl dit aan ’n familielid van Wessel Hanekom behoort.