Man kritiek na aanval

’n Man wat sy dogter by die De La Salle Holy Cross College in Linden, Johannesburg na skool wou gaan oplaai, is deur aanvallers drie skote geskiet en van R40,000 besteel terwyl hy in sy bakkie gesit en wag het vir haar.

Hy is ernstig gewond in sy been en hand, en verkeer in ’n kritieke, maar stabile  toestand in die hoësorgeenheid van die Milpark-hospitaal.

Skoolkinders is terug gehou in die skool tot ‘n ambulans met die gewonde pasiënt die toneel verlaat het.

Dit blyk dat die man deur rowers agtervolg is van die bank waar die geld onttrek is en die vermoede bestaan glo dat die rowers binne-inligting uit die bank kon gekry het.