Man beswyk na terroriste aanval

Mnr. Derek Woods (53) van Johannesburg, wat in sy bakkie gewag het vir sy dogter om uit die skool te kom, is met ’n handwapen swaar gewond en van R40,000 beroof.

Hy is inderhaas na die naaste hospitaal geneem nadat ’n ambulans hom vervoer het terwyl die skool die kinders terug gehou het tot die ambulans vertrek het

Die Vryburger het intussen verneem dat mnr. Woods die stryd verloor het.

Hy is drie keer geskiet terwyl hy voor die De La Salle Holy Cross-laerskool vir sy dogter gewag het.

Dit het glo plaasgevind kort nadat hy geld by ’n FN bank getrek het.

Na wat berig word het ’n wit Volkswagen Golf GTI met getinte vensters agter hom parkeer, en twee swartes het uit die motor geklim.

Hulle het hom op kort afstand geskiet en beroof waarna hulle in die VW gevlug het.