Malema, wat nou?

In Pretoria het die Malema-party (EFF) nog ’n terugslag gekry nadat die Hooggeregshof hul aansoek om ’n interdik teen die betaling van ’n deposito vir die verkiesing, afgekeur het.

Die EFF het beswaar gemaak teen die reël dat politieke partye R600,000 aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ’n deposito moet betaal om te registreer vir die algemene verkiesing.

Indien die deposito nie betaal word nie, sal die party se naam nie op die stembrief verskyn nie.

Die uitspraak sal eers later beskikbaar word, het regter Joseph Raulinga gesê.

Die regter het daarop gewys dat die aansoek nie as dringend beskou kan word nie en derhalwe moet die EFF die regskoste van die OVK betaal.

’n Woordvoerder van die EFF het gesê alhoewel hulle nie al die geld het nie, sal hulle naam beslis op die stembrief wees.

.