Maklike macaroni en kaas

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week deel ons ‘n maklike macaroni en kaas met ons lesers. Veral die kinders is mal daaroor! Geniet dit.

 

Maklike macaroni en kaas:

(Genoeg vir 2 volwassene en 2 kinders)

 

Bestanddele:

1 Blik uie, tamatie en sampioene

1 Pakkie Spek stukkies (250g)

1 Pakkie Kits kaassous (“3 Cheeses” )

Kaas

½ Pak Macaroni (250g)

 

Metode:

Braai die spek tot bruin.

Voeg uie, tamatie en sampioene by.

Voeg aangemaakte kits kaassous by.

Voeg `n hand vol gerasperde kaas by.

 

Maak die macaroni gaar.

 

Meng die spek mengsel met die macaroni en sit dit in ’n oondvaste bak.

Strooi die kaas oor.

Bak in die oond op 180°C tot die kaas goudbruin is.