Ma van vyf vermoor

Die familie van ’n vrou in Klerksdorp is op Valentynsdag met ’n stuk yster doodgeslaan is, is uiter geskok en getraumatiseer en sê sy het nie verdien om op so ’n wreede wyse aan haar einde te kom nie.

André Roberts (35) staan tereg op aanklag van moord op Anéy Aspeling (47), die ma van vyf volwasse kinders wat reeds uit die huis is.

Roberts is tans in aanhouding en sal weer teen die einde van Maart in die Klerksdorp landdroshof verskyn.

Aspeling en Roberts was in ’n verhouding wat sy later verbreek het.

Daarna het sy glo verskeie kere dreigemente ontvang nadat sy hom gevra het om uit te trek uit haar woonstel.

Hulle was blykbaar in ’n woordewisseling toe Roberts haar met ’n yster geslaan het en haar lewelose liggaam in die woonstel gelos het.

Roberts is gearresteer nadat Aspeling se lyk ontdek is.

Sy is intussen in Klerksdorp begrawe.