Lyk uit wrak gehaal

Die lewelose liggaam van mev. Meisie van Tonder(56) wat by ’n laagwaterbrug by De Kroonspruit naby Brits deur ’n sterk stroom water meegesleur is, is gevind en uit die motorwrak gehaal.

Polisieduikers het ure lank probeer om die motor te vind, en kon eers die volgende dag die motor kry wat onder die water verdwyn het.

Die soektog is hervat toe die watervlak gedaal het.

Die voertuig sal egter eers uit die spruit gehaal kan word na die sterk stroom afgeloop het, is die mening van ’n polisiewoordvoerder.

Sy het haar man geskakel toe sy sien dat die water haar voertuig begin wegsleur uit die pad, en terwyl sy met hom gepraat het, het haar selfoon stil geword.