Lig op vermiste Boeing

Die Eersteminister van Australië, mnr. Tony Abbott het in sy land se parlement gesê dat betroubare inligting bekom is wat daarop dui dat die vermiste Boeing van Maleisië se wrakstukke moontlik gevind is in die suidelike dele van die Indiese Oseaan.

Hy het die aankondiging gedoen na aanleiding van die ontdekking wat gemaak is dat twee lang voorwerpe, elkeen van meer as 20 meter lank, opgemerk is wat voorkom asof dit wrakstukke is van die vermiste vliegtuig.

Hy het gesê die inligting is verkry uit satelliet-beelde van twee voorwerpe wat waarskynlik met die soektog verband het, en kan wrakstukke wees.

In die lig daarvan, het die Australiese Lugmag opdrag gekry om met ’n Orion-vliegtuig ondersoek in te stel na die werklike aard van die voorwerpe wat waargeneem is.

Foto – Tony Abbott