Krokodil verloor die geveg

Die gevaar om met ’n krokodil slaags te raak is aan ieder en ’n elk bekend, maar daar is een wat nie geskrik het vir die gevaar nie.

In Australië het ’n luislang vir ta beetgekry en hom vir meer as vyf ure aanmekaar gewurg tot die krokodil bes gegee het.

Die dramatiese toneel het afgespeel naby die Moondarra meer.

Die geveg het begin toe die luislang sy lyf om die krokodil begin krul het, en hy die lewe letterlik uit sy vyand gewurg het

Toe die krokodil uiteindelik sy laaste asem uitgeblaas het, was die luislang gereed om hom in te sluk, kop eerste.