Krim stem vir Rusland

Die meerderheid parlementslede in Krim het hul stem ten gunste van aansluiting by Rusland uitgebring te midde van voortdurende pogings uit die Weste om die spanning te verhoog in die Oekraïne.

’n Aangestelde, tussentydse regering in Kiëf wat glo pro-Westers is, het blykbaar die eerste onmin op hulleself gehaal toe dit bekend geword het dat hulle met die ondersteuning en hulp uit Westerse lande, ’n ooreenkoms met die Europese Unie wil onderteken.

Anders as wat Westerse lande gemanipuleer het in Kiëf, wil die Russiese president ’n referendum hou in die Krim gebied om te bepaal wat die keuse van die inwoners is, en nie wat groot moondhede sou wou voorskryf nie.

Amerika het glo probeer om die wêreld te beïndruk met sogenaamde dreigemente van sanksies teen Rusland.

Toe 78 uit 86 parlementslede in die Krim ten gunste van nouer bande met Rusland gestem het, was dit die aangestelde, tussentydse regering van die Oekraïne wat die stemming wou afmaak as “onwettig” maar het self ’n ondemokratiese regering wat aangestel is, en nie verkies is nie.

Die klein etniese Tatar-minderheid het aangedui dat hulle ’n verkiesing sal boikot, maar het blykbaar geen reaksie getoon indien daar ’n referendum gehou sou word nie.

Terwyl Westerse lande die pap dik aanmaak om spanning te verhoog en Rusland probeer raam as die sondebok, blyk dit dat president Poetin alles in sy vermoë doen om kalmte en rustigheid in die Oekraïne te hervestig, en het nie eers gereageer op die sanksie dreigement van die VSA nie.