Kredietburo’s moet swartlysname verwyder

Die vereistes vir die verwydering van name wat by Kredietburo’s gelys is, is op 27 Februarie 2014 in die Staatskoerant gepubliseer. Die kennisgewing sal in werking tree op 1 April 2014. Kredietburo’s sal twee maande hê om die name wat vir verwydering kwalifiseer te verwyder.

Die Staatskoerant bepaal onder andere dat persone wat hulle agterstallige skuld betaal het van die swartlys verwyder moet word. Tans is Kredietburo’s uiters traag om persone wat op die swartlys is se name te verwyder, selfs al was die persone weens vergissings op die lys geplaas. Persone wat lankal hulle skuld betaal het bly ook daarna nog op die lys.

Die nuwe regulasie bepaal ook dat as ‘n persoon ‘n “stadige” betaler of ‘n “ongereelde” betaler is dit van die swartlys verwyder moet word. Die kredietprofiel van individue rakende hoeveel kredietafbetalings en hoe hulle die betalings doen sal nog steeds verskyn vir insae aan kredietverskaffers.

Die Minister van Finansies, het tydens die onderhoud met die media daarop gewys dat die helfte van die 21 miljoen persone in die land wat aktief is op kredietgebied met agterstallige paaiemente sit.