Kluisenaar word skatryk

Toe die ontwikkelaars gedink het hulle koop ’n ou hotel om plat te slaan, was dit bedoel om ’n winsgewende transaksie te wees.

Hulle was onkant gevang toe ’n kluisenaar R100,000 miljoen gevra het om uit sy vesting pad te gee op die boonste verdieping van die ou hotel.

Die ontwikkelaars was glo onbewus daarvan dat daar nog mense, alhoewel kluisenaars, in die Mayflower-hotel van Manhattan, New York, woonagtig is.

Die klompie wat daar gewoon het, was nie van plan om te verhuis nie, en die ontwikkelaars moes afsonderlike onderhandelings aangaan met elkeen van die inwoners.

Een het vas gestaan en geweier om te verhuis. Hy is die 73-jarige Herbert Sukenik, glo ’n oujongkêrel wat reeds jare lank op die boonste verdieping van die gebou woonagtig is.

Die “woonplek” is later beskryf as ’n hool, want niks was in goeie orde nie en die plek was baie vuil en morsig.

Die drie ander kluisenaars is uit die plek nadat hulle elk met ’n R1 miljoen tjek betaal is om pad te gee.

Sukenik het egter geweier, en hy het die een aanbod na die ander van die hand gewys, want wat die ontwikkelaars nie geweet het nie, is dat die ou kluisenaar ’n doktorsgraad het in fisika, en behoorlik somme gemaak het oor die waarde van sy woonplek.

Nadat hy ingestem het om die R100,000 miljoen te aanvaar, het hy nog ’n voorwaarde gehad. Hulle moes nog vir hom ’n pragtige nuwe woonstel koop.

Die ontwikkelaars het hulle nie laat afskrik nie, en het die ou hotel afgebreek, en ’n ultra luukse kompleks opgerig waar van die rykstes in die land hulle intrek geneem het.

Die foto toon die Mayflower-hotel van Manhattan in die dae voor sy sloping.