‘n Saak van kindermishandeling is deur ‘n vierjarige kleuter se ouers by die Garsfontein-polisiekantoor aanhangig gemaak na sy onderwyseres hom in ‘n stikdonker stoorkamer toegesluit het omdat hy nie in die klas wou luister nie.
Francois van Niekerk se ma, Felicia, sê haar kind is so erg getraumatiseer dat hy deesdae nie meer alleen wil slaap nie.
Felicia van Niekerk van Die Wilgers in
Van Niekerk is saam met haar seun na sy klaskamer, waar hy die deur uitgewys het waaragter hy toegemaak is. Volgens haar is die vertrek vol stoele en tafels met ’n piepklein venster en meen dat met die lig af moes dit pikdonker gewees het.
Die onderwyseres het glo gesê sy het die kind vir twee minute in die stoor toegemaak omdat hy nie wou stilsit nie. Sy het glo erken dat dit nie reg was nie en om verskoning gevra.
Die hoof van die kleuterskool, Sandra Smith het gesê die onderwyseres is ’n betroubare, ervare personeellid en dat die gebeurtenis ’n geïsoleerde geval is wat uit verband geruk is.
Ek simpatiseer met die onderwyseres. Duidelik kry die “sensitiewe” klein bloedjie geen dissipline by sy huis nie en gaan hy ‘n regte sissie wees as hy groot is. Dit sal tog goed wees as ouers hulle seuns as seuns sal grootmaak. Aanrandingsklag. Hoe belaglik. Voeter hom ‘n slag goed en sê hy moet stil sit as sy onderwyseres praat.
Dame …leer jou klein pes , maniere en gehoorsaamheid by die huis dit is nie `n ander vrou se werk om hom in `n kas te prop om sy verdomde oortjies te leer oopmaak …..(jammer maar ek sien ons volk weet nie meer waar opvoeding begin , bring terug die lyfstraf …..en maak jou kind groot in God-se vrese …jou kind is nie `n troeteldier sonder redenasie …..dis `n mens …wat moet grootgemaak word om eendag `n samelewing aan te vul….en nie `n slapgat, mamma se seuntjie / dogtertjie ….afhanklike ..)