Kerry en Pandor praat oor Uganda

Die Ugandese regering het onlangs wetgewing aanvaar en goedgekeur wat aandui dat ’n sterk standpunt inneem word deur die regering oor homoseksuele gedrag in die land.

Dit het ’n storm laat losbars oor die Ugandese regering se koppe, en daar word in besonder te velde getrek teen die president van Uganda.

Nadeli Pandor, die Minister van Buitelandse Sake sê Suid-Afrika het nie nodig om daarop te reageer soos die res van die wêreld nie, net soos wat die land ook nie oor enige ander wette van enige ander land wil reageer nie.

Sy sê die land se Grondwet maak Suid-Afrika se houding teenoor lesbiërs, gays, biseksuele en transgender-mense duidelik genoeg.

Intussen het die liberale John Kerry, die VSA se Minister van Buitelandse Sake, in ’n tirade tevelde getrek teen Uganda en gesê die wetgewing kan gelyk gestel word aan die euwel van apartheid en selfs vergelyk word met anti-Semitiese wette in Nazi-Duitsland.

Pres. Yoweri Museveni van Uganda het verlede week sterk standpunt ingeneem teen homoseksuele mense wat in sekere gevalle tot lewenslank tronk toe gestuur kan word.

Die president en sy regering is geadviseer dat dit nie Bybels gefundeer kan word nie, en daarom is die wetgewing deurgevoer.

Hierdie sterk standpunt van die Ugandese regering het Noorweë, Nederland en Denemarke laat besluit om hul finansiële steun aan Uganda te staak.

Foto – John Kerry