Julius Malema het toe maar betaal

Malema se Economic Freedom Fighters (EFF) het toe die uurglas begin uitloop, sy party se kandidatelys asook die deposito van R600,000 by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingehandig.

Politieke waarnemers meen die EFF se hofsaak was bedoel om die fokus op dié party te plaas, wat inderdaad gebeur het, alhoewel Malema sê hulle gaan nog die hofbevel teenstaan..

Menige opposisielid was onder die indruk dat die Malema-party met sy werklose ondersteuners nie die geld bymekaar sou kry vir die deposito nie.

Selfs die yslike groot vragmotor wat die EFF gebruik gedurende die verkiesingsveldtog, was by die OVK se hoofgebou sigbaar, en polisie moes rondstaan om te keer dat ’n horde EFF ondersteuners nie dalk die OVK kantore oorstroom nie.

Hy sal glo binnekort die top-tien naamlys van kandidate bekendmaak.