Honderde polisie wapens raak weg

Die polisie verloor gemiddeld 2,000 wapens elke jaar, en het in die afgelope vyf jaar reeds meer as 10,000 vuurwapens verloor.

Die skrikwekkende erkenning is in die parlement gedoen deur ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Dit beteken dat daar gemiddeld 5 wapens elke dag wegraak.

Lt. genl. Stefan Schutte, van die SAPD het in ’n voorlegging aan ’n komitee die ontstellende syfers bekend gemaak, en gesê slegs 2,794 van dié wapens is teruggevind.

Woordvoerders se die skrikwekkende toestand laat die indruk dat die verlore wapens deur skurke gebruik word om misdade te pleeg.

’n Voormalige senior polisieoffisier sê die moontlikheid bestaan dat die wapens vir terroriste opleiding gebruik word, wat ondermeer ook in die volksmoord teen blankes aangewend word.

Kenners meen dat indien wapens op die groot skaal van polisie “wegraak”, die moontlikheid bestaan dat daar ook honderde wapens uit die weermag wegraak.

Ingeligte waarnemers meen die moontlikheid bestaan dat die wapens in die opleidingsentrum van Al-Kaïda in die land gebruik kan word, maar dit kan ook aangewend word in die beweerde opleidingsentrums wat in plakkerskampe plaasvind.