Groot renoster-veiling kom

Mnr. Jan Pienaar van die plaas Kareeboombult in die Hoopstad distrik het besluit om al sy renosters op ’n veiling te verkoop weens die stropery en hoë koste om sy diere te beskerm.

Benewens die stropery, het weerlig twee van sy diere gedood, en dit was die laaste strooi wat spreekwoordelik die kameel se rug gebreek het.

Die veiling beloof om rekord pryse te lewer. Vyf koeie, en een koei met ’n bulkalf, plus drie bulle en drie jonger verse sal opgeveil word.

Intussen moes mnr. Pienaar ’n aantal wagte aanstel om sy diere te beskerm, en dit kos hom maandeliks R40,000.

Daar is reserwe pryse op al dertien die diere. Die veiling sal deur afslaers van Vleissentraal hanteer word.

Reëlings is getref met veeartse en ’n helikopter om die diere die week na die veiling gereed te kry om na hulle nuwe tuistes te verhuis.