Gordhan klap na politici

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sê populistiese slagspreuke en beloftes wat nie realisties is nie, kan nie die boustene wees van ’n gesonde ekonomie nie.

Die oorveeg is uitgedeel aan almal wat “buite staan en raas” het hy gesê tydens sy begrotingsrede in die parlement.

Dit blyk dat Gordhan sy oorveeg gemik het na politieke partye wat die ANC teenstaan en skynbaar die ANC geroskam het oor verskillende aspekte van die politiek, waarvan ekonomiese faktore die belangrikste is.

Die EFF van Malema het dit onomwonde gestel dat sy beleid ’n nasionalisering van bates is, waarvan grond, nywerhede, banke en ander instansies voorop gestel word.

Hierteenoor het die party van Zille beweer hulle kan die land regeer met ’n groeikoers van 8%.

Dit het by politieke ontleders die gedagte gelaat dat Gordhan veral na hulle verwys het in sy toespraak.

Gordhan het egter nie nagelaat om die ANC se belange te stel nie, en het die toehoorders verseker dat die ANC die verkiesing sal wen.

Foto – Minister Gordhan