Gewapende boewe beroof aktrise

Natasha Sutherland, wat voorheen met Steve Hofmeyer getroud was, en haar tienjarige seun Benjamin is verlede week in Braamfontein, Johannesburg, deur ’n aantal gewapende boewe besteel.

Sy het op die bakkiesblad geskryf dat dit nie lekker as iemand in jou gesig vir jou sê hulle gaan jou gesig wegblaas as jy nie vir hulle jou selfoon gee nie.

Sutherland was glo op pad teater toe, maar het ná die rowers toegeslaan het, verkies om terug te keer na hul huis.

Die rooftog is maar een van honderde wat daagliks in Suid-Afrika plaasvind. Dit gaan net erger word namate die land se swak ekonomiese toestande verder agteruitgaan, het ’n woordvoerder van die Oranje Sake Instituut aan Die Vryburger gesê.

Dit is duidelik dat die owerheid nie in staat is om die honderde moorde wat plaasvind, kan hokslaan nie, hoe sal hulle nog die “kleiner gevalle soos gewapende rooftogte” kan bekamp, het hy gesê.

Foto – Natasha Sutherland