Front Nasionaal registreer

Die Front Nasionaal het glo op die laaste oomblikke die geld bymekaar gekry en sy inbetaling gedoen by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir deelname aan die verkiesing.

Dr. Dan Roodt het bekend gemaak dat die FN party geregistreer het om nasionaal, landswyd deel te neem, sowel as in Sentraal Transvaal vir deelname op provinsiale vlak.

Registrasie beloop R200,000 op nasionale vlak en R45,000 per provinsie.

Hy het as vriend van die hof ingesit toe Malema se EFF gepoog het om ’n dringende interdik te kry teen die betaling van registrasiefooie.

Roodt het later gesê hulle fondse het gekom toe ’n veiling op hul Facebook-blad aangebied is. ’n Ou motor, ’n getekende rugbybal, en ’n eerste uitgawe van die Afrikaanse Familie Bybel was van die belangrikste items wat aangebied en verkoop is.