Fillipynse boere slegter af met GM sade

Tien jaar gelede het die regering van die Filippyne die land se eerste geneties gemanipuleerde (GM) sade goedgekeur en vandag gaan dit baie slegter met hulle as voorheen.

In ‘n nuwe dokumentêre film: 10 Years of Failure, Farmers Deceived by GM Corn, word die probleme van die GM mielieboere van die Filippyne belig wat kla dat hulle deur die bio-tegnologiese industrie bedrieg is en tans ly onder massiewe skuld, slegte opbrengste en selfs hongersnood in die gesig staar.

Die 25-minute film kan gratis op Youtube gesien word en is vrygestel op die dag wat Monsanto en Syngenta pryse van die Wêreld Voedselprys Stigting ontvang het vir hulle Frankenstein kos. Dit vertel ‘n ander verhaal as wat die hoofstroom media of die betaalde politici verkondig wat daarop staan dat GM-voedsel die redding van die mensdom is.

Die ware feite is dat in die besonder het GM-mielies in die Filippyne reeds die tradisionele mielie-industrie in daardie land vernietig. Pleks van opbrengste te verhoog, insetkoste te verminder en oes-stabiliteit te verseker, het hierdie sade die gewone boere vernietig en hoewel hulle besef dat hulle bedrieg is, kan hulle nou moeilik uit die kloue van die bio-tegnologiese maatskappye ontsnap.

In die film vertel die boere hoe hulle in die skuld beland het as gevolg van die stygende koste in GM-mieliesaad en die verhoogde koste en kwantiteit wat by inset benodig was. Erger is die film se bekendmaking van die boere se klagtes oor die nuwe peste, gronderosie, besoedeling en die impak op diere en mense se gesondheid.

Al wat GM-mielies reggekry het is om Filippynse onafhanklike boere in biotek-slawe te verander. Volgens huidige data word 8 goedgekeurde variëteite van GM-mielies op sowat 685,317 ha verbou. Maar pleks daarvan dat dit welvaart en voedsel onafhanklikheid gebring het, het hierdie oorname deur die chemiese industrie, ‘n hele nasie verslaaf wat vantevore in hulle eie voedsel behoeftes voorsien het en nie nodig gehad het om hulle op winsgedrewe maatskappye te verlaat vir sade en ander insette nie.

 

 

Die film wat al die bedrog en mites in verband met GM-voedsel openbaar, kan by bostaande draad gesien word.