Eskom se jongste klagte

Eskom se jongste klagte dat dit nie net nat steenkool is wat beurtkrag veroorsaak nie, maar ook die swak gehalte steenkool wat aan hulle voorsien word vir kragopwekking, is

ook ’n rede vir die beurtkrag wat deesdae onaangekondig toegepas word.

Die kragvoorsiener wil dringend met mynhuise en die Departement van Openbare Ondernemings gesprek voer oor die lewering van swak gehalte steenkool.

Eskom kla oor die gehalte van steenkool en sê die mynhuise verkoop hulle steenkool aan buitelanders terwyl Suid-Afrika gebuk gaan onder ’n reuse probleem met kragvoorsiening.

’n Eskom woordvoerder sê die steenkool wat soms aan hulle gelewer word, is soos modder van kan nie effektief wees vir die opwekking van krag nie.

Dames het bevestig dat Eskom tevergeefs met die Kamer van Mynwese vergader het rakende die probleem van lae-graad steenkool wat gelewer word.

Andrew Etzinger van Eskom sê geen beurtkrag woord vir die komende week voorsien nie alhoewel die druk op reserwe krag abnormaal hoog is.