Egpaar ontdek goue munte

‘n Egpaar in Noord-Kalifornië wat met hulle hond op hulle eiendom gestap het, het ‘n groot bonanza gekry toe hulle op $10 miljoen se goue muntstukke wat in ’n puik toestand is, afgekom het.

Die munte was in ‘n geroeste houer onder ‘n boom begrawe.

Volgens Davis Hall, mede-stigter van die Professionele Muntgraderingsdiens van Santa Ana, wat die egtheid van die muntstukke bevestig het, is die meeste van die 1,247 stukke, wat dateer uit die tydperk van 1847 tot 1894, almal ongesirkuleerde munte en van hoogstaande gehalte. 

Hoewel die sigwaarde van die muntstukke slegs sowat $27,000 beloop, meen die kenners dat sommige so raar is dat hulle maklik $1 miljoen elk werd kan wees.

Intussen het die Amerikaanse Ontvanger ook die berigte gelees en reeds aangekondig dat die egpaar hom 50% van die waarde sal moet betaal.

Wat die fonds waardevol maak is die feit dat die munte in perfekte toestand is. Dit beteken dat wie dit ook daar gebêre het, het die grond eerder as die bank vertrou.