Diplomatieke onderonsie bars los oor moordbendes

Die ANC regering het volgens wat verneem kon word, drie Rwandese diplomate aangesê om die land te verlaat.
Die drastiese stap volg nadat die staatsveiligheidsagentskap die ANC president in kennis gestel het dat die diplomatieke diens van Rwanda betrokke is met moordbendes om ‘n eertydse generaal, wat tans hier woon, om die lewe te bring.
Pres. Paul Kagame van Rwanda het blykbaar die moordbendes hier ontplooi om ‘n aanval te loots op die huis van genl. Kayumba Nyamwasa, die eertydse hoof van Kagama se weermag, met die doel om hom te vermoor.
Volgens wat berig word is die paranoïese president besig met ‘n veldtog om uitgewekenes in Suid Afrika te teiken wat blykbaar ‘n gevaar vir sy presidentskap inhou.
Die ANC se Jacob Zuma was blykbaar woedend omdat Kagama durf waag om die soewereiniteit van Suid Afrika te skend, deur moordbendes ‘n vrye hand te gee om mense te vermoor en Suid Afrikaners se lewens in gevaar te stel.
In weerwraak het Kagama ses Suid Afrikaanse diplomate beveel om sy land te verlaat.

Foto – Pres. Paul Kagame