Chinese separatiste eis vryheid

’n Minderheidsgroep bekend as die Moslem Uighur-groep in die Yunnan-provinsie van China wat streef na ’n onafhanklike staat, vry van die dominante Chinese regering, is nou in omstredenheid gedompel nadat hulle op burgerlikes toegeslaan het met messe.

In ’n verwoede aanval op burgerlikes, het die separatiste verantwoordelikheid aanvaar vir die dood van 29 mense en 130 wat ernstig beseer is toe hulle, gewapen met messe, op ’n skare burgerlikes toegeslaan het.

’n Menigte van die inwoners het daarna saamgedrom om bloed te skenk vir die versorging van die beseerdes wat in hospitale beland het nadat die verwoede aanval plaasgevind het.

Links-liberale teenstanders van die separatiste het hul woede te kenne gegee na die aanval wat ook deur die owerhede as ’n terroriste daad beskou word.

Die Chinese woordvoerders het Amerika van dubbele standaarde veroordeel omdat Washington die aanval in Kunming veroordeel het sonder om daarna te verwys as ’n terroristedaad.

Sulke aanvalle op burgerlikes is ’n rare verskynsel in die Yunnan-provinsie, wat ongeveer 1,500 km van Xinjiang geleë is.