Boer en gesin dood in plaasaanval

’n Boer (72) van Richmond in Natal is saam met sy 65-jarige vrou en hul 33-jarige seun dood in ’n plaasaanval nadat hulle woonhuis aan die brand gesteek is.

Hulle is verlede Sondagmiddag op die plaas aangeval, waarna die huis geplunder is.

Die vuurwapens, talle huishoudelike goedere, kontantgeld en ander waardevolle artikels is gesteel.

Die polisie ondersoek drie sake van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die Vryburger sal mettertyd die name bekend maak en meer besonderhede verstrek sodra dit bekom is en vir publikasie vrygestel word.