Bitcoin wisselbeurs, Mt.Gox, in likwidasie

Mt.Gox, die geldwisselbeurs, vir die kripto-geldstelsel, bitcoin, het Vrydag in Japan aansoek gedoen vir likwidasie-beskerming nadat dit vir die afgelope twee weke opgehou het om sake te bedryf.

Die hoofuitvoerende beampte van Mt.Gox, Mark Karpeles, het sy verskoning vir die ongerief aangebied. Hy het gesê dat die rede vir die terugslaan te wyte is aan “stelselprobleme”  en dat die bitcoin steeds potensiaal het om te groei.

Bitcoin gebruikers is omgekrap oor die ongerief en hulle geld wat nie opgespoor kan word nie en verskeie het hofaksies ingestel.