Bio-Merkers wat gesondheid uitwys

In Finland en Estland het wetenskaplike navorsers vier bio-merkers ontdek wat gesamentlik kan aandui wat gesonde mense se risiko is om binne sowat vyfjaar te sterf.

Na wat berig word in ’n verslag is meer as 17,000 mense is die twee lande gewilliglik onderwerp aan die toetse wat gedoen is,

In ’n vaktydskrif PLoS One is die volledige resultaat van die toetse gepubliseer.

Indien die vlakke van die vier betrokke bio-merkers gesamentlik in ag geneem word, dui dit op ’n algemene vlak van moontlike gevaar sones in die liggaam.

Die gevaar dat mense waarvan die vier bio-merkers ooreen stem met die navorsers se gegewens, kan “normale sterfte intree” binne ’n bepaalde tydperk, wat vyf keer hoër is as persone waarvan die bio-merkers anders “vertoon”.

Die mense wat al vier merkers vertoon het, was destyds gesond, maar is wel later aan toestande soos ’n hartaanval, kanker of ander oorsake dood.

Die 17,000 mense se bio-merkers is sowat vyf jaar gelede getoets.

In elke persoon is sowat 100 bio-merkers sorgvuldig waargeneem en oor die tydperk gemonitor. Van hulle het 684 te sterwe gekom en almal het dieselfde vier bio-merkers teen dieselfde hoë vlakke in hulle liggame gehad.