Betogers eis polisie afdankings

Hierdie keer het betogers ’n nuwe rede gevind om te betoog, want hulle voel onveilig  omdat die polisie nie hulle werk doen nie, en daarom eis hulle die bevelvoerder van die polisiestasie se bedanking.

Die Evaton woongebied ten suide van Johannesburg, het ’n massa optog probeer lei na die plaaslike polisiekantoor om die polisiehoof te kop te eis.

Hulle het ’n lys met al hulle eise aan die LUR van Gemeenskapsveiligheid in die provinsie, ene Faith Mazibuko, oorhandig

Die belangrikste eis is die afdanking van die Evaton-stasiebevelvoerder, brig. Hester Bischoff, sowel as haar hele bestuurspan.

Hulle eis ’n nuwe polisiekantoor, en vereis onmiddellike afhandeling van strafregtelike sake wat deur inwoners by die polisie gemaak het.

Hulle kla oor die toename in misdaad, die swak omstandighede waarin die polisie hulle werk moet verrig, en daarom is ’n nuwe polisiekantoor en nuwe bevelvoerder nodig.

Die beswaarskrif is deur sowat 5,000 onderteken.

Foto – Faith Mazibuko