ANC bedrieër dalk ambassadeur

ANC ondersteuner, Jacques Nell van Pietersburg, wat weens beweerde bedrog van R9 miljoen in hegtenis geneem is, het nou ’n ambassadeurspos in Italië losgeslaan wat deur die ANC regering vir hom aangebied is.

Die inligting is bekend gemaak tydens die eerste dag van verhoor in die landdroshof.

Dit het ook bekend geword dat die beweerde bedrieër ’n pastoor is.

Die landdros moes hoor dat hy nie uit die land sal vlug nie want hy is glo ’n toegewyde ANC ondersteuner en doen ook sake met ’n petroleum maatskappy en ’n olieraffinadery.

Dié ANC ondersteuner is reeds twee weke in aanhouding nadat hy deur die Valke in hegtenis geneem is.

Na bewering het Nell vervalste dokumente en fakture voorgelê aan Absa om ’n reeks kopieermasjiene aan te koop.