Amerikaanse sesessie-beweging kry stoom

Die sesessie-beweging in Amerika kry stoom hoofsaaklik as gevolg van die frustrasie oor ‘n groeiende federale regering wat uit beheer is.

‘n Aantal konserwatiewe, landelike Amerikaners praat al hoe meer van afstigting en die skepping van hulle eie state, wat dalk tot gevolg kan hê dat die kaart van die VSA die volgende mag insluit:

‘n Een-en-vyftigste staat, gedoop Jefferson wat uit Noordelike Kalifornië en Suidelike Oregon sal bestaan;

‘n Nuwe staat genoem Westelike Maryland;

‘n Nuwe staat genoem Noord Colorado;

Hierdie bewegings is besig om in momentum toe te neem deur kiesers reg oor die land. Jeffrey Hare is aan die spits van die 51ste Staat Inisiatief in Colorado, ‘n poging om die bandelose wetgewende liggaam te stuit wat regeringsbeleid in die kele van kiesers af forseer.

"Ons het nou ‘n punt van ‘onversoenbare verskille’ bereik" het Hare aan CBN Nuus gesê.

Sesessie-gesprekke vul dorpsaal-gesprekke en die verskille wat bespreek word is nie slegs ideologies nie. Dit is nie net links teen regs nie, maar stedelikes teenoor landelikes, aangesien tipies konserwatiewe waardes oorheersend in landelike Amerika is.

John Cooke van Weld County, Colorado, sê die federale staat is buite beheer en nie in kontak met landelike Colorado nie. Volgens hom is daar duidelik ‘n aanval op landelike Colorado, nie net wat wapenbeheer betref nie, maar ook met ander wetgewing wat deurgevoer is.

Regeringsmandate op hernubare energie, omgewings beleid wat olie en gasontginning beperk en sosiale kwessies soos homoseksuele huwelike is ook redes wat vir sesessie aangevoer word.

In ‘n referendum oor sesessie wat verlede November in Colorado gehou is, was daar gemengde reaksie. Maar die organiseerders van die 51st Staatinisiatief is nie ontsenu nie en sê die beweging het tyd nodig.

"Enige beweging benodig tyd, opvoeding neem sy tyd," sê Hare.

Die behoefte aan verandering word ook in Arizona, Michigan en Westelike Maryland gevoel waar duisende reeds sesessie petisies geteken het. Die woorde op een van die webtuistes lees: "Ons beplan om ons reg tot selfdeterminasie en selfregering op te eis om ons regte op die lewe, vryheid, en soeke na geluk uit te oefen."

Scott Strzelczyk, die leier van die Westelike Maryland-beweging sê: "Indien hulle nie na ons gaan luister en ons behoeftes in ag neem en weier om ons te regeer op die manier wat ons verwag ‘n regering moet optree nie, wil ons eerder ‘n vriendelike egskeiding hê."

Intussen in Noord-Kalifornië en Suid-Oregon wil aktiviste in die staat "Jefferson" bymekaar kom. Die voorgestelde vlag sal twee "Xe" insluit as simbool van hoe hulle deur hulle hoofstede in Sacramento, Kalifornië en Salem, Oregon verraai is.

Die eerste stap is om by die staat se wetgewende liggaam verby te kom en daarna aan die VSA Kongres voor te lê.

"Hierdie is ‘n wettige konstitusionele proses wat deur die stigtingsvaders bepaal is en vir ‘n spesifieke rede in die Grondwet geskryf is," sê Hare. "As die bedoeling nie was dat dit gebruik kan word nie, hoekom is dit dan daar?"

Maar ondersteuners het ‘n opdraande stryd omdat die massa media die saak nie goedgesind is nie. Derek Everet, verbonde aan die Metropolitan Staatsuniversiteit in Denver sê: "Sodra die nasionale media dit beet kry, konsentreer hulle net op die probleme van die proses en oortuig almal dat dit onuitvoerbaar is."

Maar die mense ten gunste van sesessie soos Roni Belle Sylvester van Colorado, sê hulle sal voortveg want die minagtende houding van die regering moet einde kry. Hy sê die arrogante en minagtende houding is ‘n verdere bewys van hoe ver verwyder hulle van landelike kiesers is.

Organisasies soos dié in Colorado en op ander plekke mag nog net die begin wees – ten minste word daar vergaderings gehou en die mense praat daaroor. Hulle het selfs ‘n nuwe woord daarvoor; "kieser loskoppeling" wat beteken dat die kieser sê hy het nou genoeg gehad en smeek vir verandering.

Hare sê die verduideliking van die mense gevoel is maklik. Duidelik het hulle genoeg gehad en vra die regering nou om hulle neuse uit hulle sake te hou.