Amerika se nuwe skande

’n Swartman wat vir 30 jaar in die dodesel in Louisiana moes sit, is nou op ouderdom van 64 jaar vrygelaat nadat nuwe getuienis na vore gekom het.

Die jurie, wat destyds almal blankes was, het hom skuldig bevind van ’n moord op ’n juwelier, maar is nou vry nadat die moordklag deur ’n hof verwerp is.

Die swartman, Glenn Ford, is waarskynlik die enigste man in die VSA wat so ’n lang vonnis uitgedien het, en dan vrygelaat word weens sy onskuld.

Ford sit in die dodesel sedert 1984.

Ingevolge wetgewing, moet die owerheid Ford vergoed vir elke jaar wat hy in die tronk was, en dit kan tot soveel as R2,5 miljoen per jaar beloop.

Ford sê toe hy tronk toe is, was sy kinders klein. Nou is hulle groot en getroud, en sy kleinkinders is so groot as wat sy kinders was.

Amerika word nou wêreldwyd veroordeel vir sy rassisme wat na vore kom uit die voorval, terwyl die sosiale netwerke blykbaar gons oor nog gevalle waar wit jurielede swartes skuldig bevind het.