Al-Kaïda loods terreur-tydskrif

Al-Kaida het sy eerste Engelstalige terreur-tydskrif, getitel Resurgence, bekend gestel met ’n aanlyn video met beelde van George Bush, ’n geblinddoekte Westerse soldaat en die Boston marathon-bomaanvalle.

Sekerheidsontleders meen dis ‘n hernieude poging om Westerse Jihidiste aan te moedig om aanvalle te doen in die lande waar hulle gevestig is.

In die video word die woorde van Malcolm X gebruik as ’n aanmoediging tot ’n gewelddadige stryd.

Blykbaar is die tydskrif gegrond op hulle aanlyn tydskrif, Inspire. Dié tydskrif is deur die terreurgroep in die Arabiese Skiereiland uitgebring. Dit het boodskappe van Osama bin Laden bevat, sowel as bomvervaardigingstegnieke en taktieke vir “alleen-aanvalle”.

Dit word nou beweer dat die Boston-bomaanvallers glo van die bommaaktegnieke uit Inspire gekry.

Resurgence is egter die eerste Engelse tydskrif en die video word as heel professioneel beskou – wat alles daarop dui dat die fokus besig is om van Sirië na die Weste te verskuif.

Die boodskap van die video is: Jy kan nie ’n man bereik as jy nie sy taal praat nie. As ’n man die taal van brutale geweld praat, kan jy nie na hom toe gaan in vrede nie.

Foto – Osama bin Laden