ACD Party staak aktiewe deelname

Die partyleier van die Afrika Christen-Demokratiese Party (ACDP), ds. Theuns Botha, het in ’n verklaring bekend gemaak dat dié party besluit het om hulle te onttrek van die komende algemene verkiesing in Suid-Afrika.

Hy sê in die verklaring dat sy party reeds in 2012 die omstrede gebruik bevraagteken het wat deur die Onafhanklike Verkiesings­kommissie ingestel is om beslag te lê op die deposito van ’n politieke party wat nie ’n setel in die parlement het nie.

Botha sê dit is onbillik om tydens elke verkiesing die swaarverdiende geld van ondersteuners in ’n dobbelspel te verkwansel ter wille van ’n enkele setel in die parlement.

Foto – Theuns Botha