Aanvalle sterk veroordeel

Die bestuur van Projek2010 het hul diepe kommer uitgespreek oor die aanvalle op volksgenote wat duidelik ten doel het om die slagoffers om die lewe te bring.

’n Woordvoerder van Projek2010 het namens die bestuur, hul kommer uitgespreek na aanleiding van ’n jong egpaar wat in die suide van Johannesburg deur vier gewapende aanvallers geskiet is en vir dood agtergelaat is sonder om enige iets te steel.

Die aanval op die egpaar is die soveelste een in die afgelope drie weke wat ten doel gehad het om die slagoffers te dood, en nie net te beseer nie, en wek die indruk van ’n hernude vlaag terrorisme wat aangevuur is om blankes om die lewe te bring.

Die feit dat ’n jong ma voor haar twee kinders gedood is met ’n mes, spreek van ’n onnoembare haatdraendheid wat teenoor blankes geopenbaar word, het hy gesê.

Projek2010 se bestuur wil derhalwe ’n hernude beroep doen op volksgenote om paraat te bly, en sovêr moontlik venters en deure te grendel, en om kinders in veilige plekke te laat speel.