ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Daily Archives: March 24, 2014

Bybeltjie nr. 27 – Die Twaalf Verspieders

Tannie Rhona sê om negatief te wees is een van die minder mooi eienskappe van die mens, en die Twaalf Verspieders leer ons om te vertrou op die Here en…

Ontvriesde olie-geld en produksie help Iran

Die meer as $4-milard se fondse op olie uitvoere wat gevries was en nou vry gekom het was meer as welkom vir Iran se ekonomie. Die land se ekonomie het…

Nkandla dokumente het net verdwyn.

Beswaarmakers oor Nkandla is verwyder of geïgnoreer, en dokumente wat wys dat pres. Jacob Zuma vir bepaalde verbeterings aan sy huis moet betaal, het geheimsinnig verdwyn.  Volgens adv. Thuli Madonsela se…

Afrikanerbond voorsitter tree uit

Die voorsitter van die Afrikanerbond, Pieter Vorster het met onmiddellike ingang uitgetree as voorsitter vanweë sy betrokkenheid by die Vryheidsfront Plus as kandidaat vir die komende algemene verkiesing. Vorster sê…

Aussies se vliegtuie soek nog

Vliegtuie van Australië is nog steeds op soek na die moontlike “wrakstukke” van die Boeing wat waargeneem is met satelliet-opspoor stelsels, maar dit blyk ’n moeilike taak te wees. Die…

Kenia sê ja vir veelwywery

Die parlement in Kenia het nuwe wetgewing aanvaar dat mans meer as een vrou mag trou, en kan dit doen sonder die toestemming van sy eggenote. Die besluit het veroorsaak…

Schumacher verloor gewig

Die voormalige renjaer, Michael Schumacher het reeds sowat 25% van sy normale liggaamsgewig verloor gedurende die tyd van ’n geïnduseerde koma, en sy gewig is nou onder 53kg. Benewens die…

SABC gee finans-hoof trekpas

Die omstrede SABC, het sy finansiële hoof, ene Gugu Duba, glo die trekpas gegee weens beweerde onreëlmatighede met finansiële aspekte. ’n SABC woordvoerder, Kaizer Kganyago het glo bevestig dat sy…

Nuusflitse

·                    Die bekende skrywer, Hennie Aucamp is op 80 jarige ouderdom in sy slaap, en in sy woonhuis oorlede ·                    Twee kinders is dood en nog 30 is siek nadat…

Toergroep trotseer olifant-gevaar

Naby Malelane, in die Krugerwildtuin, het ’n skoonmaker benoud geroep dat iemand die Italiaanse toeriste moet gaan weghaal van die olifant, want dit wou vir hom lyk asof die mense…

Ferweelpiesang / Pink bananas / Musa velutina

Wat ’n aanskoulike vrug, hoewel sommige mense beweer dat dit nie ’n eetbare vrug is nie en ander meen dat ons dit wel kan eet. Musa velutina is ’n spesie…

Duurste hondjie ooit?

In China is ’n jong Tibettaanse mastiff-hondjie vir sowat R22miljoen verkoop wat dit glo die grootste bedrag is wat vir enige hond betaal is. Een van China se welvarendste eiendomsontwikkelaars,…

Kariba – miljoene menselewens bedreig

Die Karibadam se wal het dringende herstelwerk nodig om ’n ramp te voorkom wat die lewens van sowat 4 miljoen mense kan bedreig. Die herstelwerk sal sowat R3 miljard kos,…

Terroris gedood in aanval

Vier gewapende terroriste het hulle rieme vasgeloop toe hulle met nog ’n moorddadige aanslag toegeslaan het op die plaas De Tweedespruit van die Annandale familie in die Cullinan omgewing. Een…

Sewentigjarige se droom bewaarheid

Gillian Olsen, ’n werknemer in die regsberoep, het al vir meer as 40 jaar die begeerte om nie net ’n gewone kantoorklerk in die kantoor van prokureurs te werk nie,…

President, antwoord asseblief!

Die ANC se Vroueliga steun die president ten volle, en tydens sy eerste openbare optrede sedert die verdoemende Nkandla-verslag bekend geword het, het hy vroue in Sentraal Transvaal toegespreek waar…

Porsche herroep nuwe voertuie

Die ultra-weelderige Porsche 911 GT3 model het skynbaar ’n ernstige fabrieksfout wat onverwyld reggestel moet word, want die voertuig se masjien kan aan die brand raak en ernstige probleme veroorsaak….

Jansen weer aangestel

Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, is weer vir ’n volgende termyn van 5 jaar deur die Universiteit gekontrakteer. Jansen is in Julie 2009 vir…

Tel jou woorde op Facebook

Toe die redakteur van ’n koerant, ene Roman Romanenko, op ’n Facebook blad geskryf het dat die Russiese president, Wladimir Poetin ook die gebied waarin hy woon moet beskerm, was…

Al-Kaïda verbind met Wêreld-Handelsentrum

Die getuienis van Osama Bin Laden se skoonseun, Suleiman Abu Ghaith, wat tans tereg staan op aanklag van terroristiese bedrywighede in die VSA, het in die verhoor getuig dat Al-Kaïda…

Motor rubriek – Subaru WRX STI

Vir baie motoriste is ’n motor bloot ’n voertuig om jou van punt A na punt B te neem. Wanneer ’n mens egter die trotse eienaar van ’n Subaru WRX…

Nog dwelms in George

By George in die Suid-Kaap het die polisie verlede week beslag gelê op ’n voorraad tik ter waarde van sowat R1,5 miljoen. Die polisie het glo op ’n wenk gereageer…

Vrou ter nouernood gered van vlamme

Sally Minnie (56) van die Erleigh Boulevard in Odendaalsrus is verlede Dinsdag ter nouernood van ’n gewisse dood gered toe brandweerpersoneel hul eie lewe gewaag het om haar uit haar…

Rodeo maak DBV kwaad

Dewetsdorp se bekende Veldskou het vanjaar in omstredenheid verval met hulle nuwigheid om ’n Amerikaanse rodeo aan te bied. Die rodeo-gedagte het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) op die oorlogspad geplaas…

Al weer ‘n lotery rekord

In Orlando, Florida het twee wen-kaartjies van die VSA se lotery, ’n totaal van sowat R4,5 miljard opgelewer wat aan een wenner in Maryland en die ander in Florida betaal…

Duitse versekeraar betaal groot eise

Allianz, een van Duitsland se voorste versekeringsmaatskappye het reeds begin om eise uit te betaal aan eisers van die Maleisiese Boeing vliegtuig wat vermis geraak het. Die hoof van kommunikasie…

Tronkstraf oor beledigings en dreigemente

In Australië het ’n landdros iemand gevangenisstraf opgelê omdat hy ’n Franse toeris tydens ’n busrit in Melbourne beledig het deur vir haar te sê sy moet Engels praat of…

Clive oorleef tweede moord-aanval

Mnr. Clive Derby-Lewis (78) moet nou vir ’n tweede keer na ’n hospitaal geneem word om behandel te word vir die wonde wat hy opgedoen het met die tweede aanval…

Stroper al weer betrap

Mnr. Deon van Deventer, ’n selferkende stroper in renosterhoring, wat voorheen vrygelaat is na vyf jaar in die tronk oor renosterstropery, is weer in hegtenis geneem. Hierdie keer is Van…

Skurke met selfoon-streke vasgevat

Hulle het onskuldige mense van derduisende Rand besteel met hulle selfoon truuk waarin mense ’n boodskap ontvang het van hoe baie geld hulle gewen het. Ses sulke skurke, wat ’n…

Tatoeëermerk is diskwalifikasie

Sy het ’n tatoeëermerk op haar kuit, sy is blank en is slegs 20 jaar ou, uiters fiks en die psigometriese toets uiters suksesvol afgelê. Toe sien sy al hoe…

Al minder leerlinge behaal matriek

Die land se leerlinge word al meer, maar die leerlinge wat matrikulante word, verminder glo jaarliks, en dit is tekenend van ’n onsuksesvolle onderwysstelsel, met onopgeleide onderwysers. Dit is die…

OVK het wederregtelik opgetree

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het wederregtelik opgetree met die tenderproses om die kommissie se nuwe hoofkantoor in Pretoria te bekom. Die bevinding, wat geruime tyd gelede deur die Openbare Beskermer…

Stand van lande se kredietgraderings

Die kredietgraderings wat deur die drie kredietgraderingagentskappe, Moody’s, Standard and Poor’s en Fitch, aan lande toegeken word is belangrik. Dit bepaal ‘n land se risikoprofiel en die “rente” wat gevra…

Grondwaterbronne moet beter beheer word.

Gert Nel, hoofgeohidroloog van SRK Consulting in Oos-Londen sê grondwaterbronne moet baie beter bestuur word om te voorkom dat akwifere, wat talle dorpe se lewensaar is, nie drooggepomp word nie. …

Kredietgradering bly ontwykend

Brittanje se kredietgradering, wat op 19 April 2013 deur Fitch afgradeer was van AAA na AA+, sukkel nog steeds om die gesogte posisie te herwin. Volgens die graderingsagentskap, Fitch, moet…

Venesië sê: "Arrivederci Roma."

Die inwoners van die Venesiese streek het oorweldigend ten gunste van hulle eie onafhanklike staat in ‘n referendum gestem. Aangemoedig deur die Skotte en Kateloniërs se onafhanklikheidsambisies, het 89% van die…

Cameron dreig Rusland

David Cameron, die Britse premier, sê as Rusland verdere stappe neem om die Oekraïne te destabiliseer, moet die G7-lande wat die week vergader, Rusland se permanente skorsing uit die G8 bespreek. Op…

R3 miljoen vir polisiediens wat nie bestaan nie.

Die metroraad in Port Elizabeth soek meer as R3 miljoen vir die vestiging van sy beoogde metropolisiediens wat beteken dat dienstelewering ingekort sal word. Al die direktorate word in ’n…

UV se anti-Afrikanergesindheid nou belaglik

Die waarnemende hoof van die departement kardiologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), prof. Hennie Theron, is geskors omdat hy daarvan beskuldig word dat hy glo onder meer die…

Irma Stern-werke behaal toppryse

’n Skildery van die Suid-Afrikaanse kunstenaar Irma Stern, Zanzibar Woman, is gister op ’n veiling teen £1,082,500 (R19,289,760) van die hand gesit. Nog ’n Stern-werk, Istanbul, is teen £326,500 (R5,837,036)…

Politiek nou ingesleep by die regbank

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê dat as ‘n leier van ‘n opposisiegroep en ‘n afgetrede regter toegelaat  word om besluite in howe te hersien, kan dit tot politieke magsmisbruik lei….

Oupa wen geveg teen rowers

Hannes Venter (59), ’n oupa van Rustenburg het ondanks drie skietwonde hom so hard teen rowers verset dat hulle die aftog moes blaas. Venter het verlede week tydens die aanval twee…

Eskom hoofkantoor benodig ‘n kragopwekker!

Die tender wat Eskom uitgegee het vir opgraderings aan sy hoofkantoor te Megawatt Park sluit onder andere die lewering van ‘n diesel kragopwekker in. Die semi-staatsorganisasie sukkel steeds om sy…

S.A. se 2de grootste handelsvennoot

S.A. se minister van handel en nywerheid, Rob Davies, het tydens ‘n gesamentlike ekonomiese byeenkoms met Saudi Arabië bekend gemaak dat die land nou S.A. se tweede grootste handelsvennoot is….

Rusland se kredietgradering ly skade

Die spanning tussen Rusland en die Westerse moondhede neem steeds toe weens Rusland se anneksasie van die Krim gebied aan die vasteland van Oekraïne. Die dreigende ekonomiese sanksies teen Rusland,…