Withuis frons oor selfies

Amptenare van die Withuis het gefrons oor die gedrag van Franse joernaliste wat tydens die besoek van pres. François Hollande aan die Amerikaanse presidentswoning selfies in die Oval Office geneem het.

Volgens Laurence Haim, verslaggewer van die Franse televisiekanaal, Canal Plus, was die Withuis se personeel geïrriteer met die optrede van die joernaliste en het hulle daarop gewys dat dit onvanpas is om selfies te neem met twee presidente in die agtergrond.

Verlede jaar, tydens die gedenkdiens vir Nelson Mandela in die ENB-stadion in Johannesburg, het fotograwe foto’s geneem waarin Helle Thorning-Schmidt, Deense premier, ‘n selfie van haarself met Obama en David Cameron, Britse premier, geneem het.