Windlaaiers aan die werk

Die nege reuse windlaaiers wat tussen koringlande staan, het reeds begin om hulle kwota elektriese krag te lewer om die voortdurende nypende tekort aan te vul.

Die nuwe aanleg, bekend as die Klipheuwel-Dassiefontein-aanleg is net buite Caledon in die Wes-Kaap opgerig en motoriste kan op die N2 buite Grabouw al sien hoe die reuse hul taak verrig.

Bekommernis is uitgespreek dat die reuse windlaaiers duisende voëls kan vernietig en dat die groot lemme se geraas ’n geweldige steuring kan veroorsaak.

Dit blyk noudat die vrede besweer is, en dat voëls self besluit het om nie so hoog te vlieg nie, en liefs wegbly uit die omgewing.

Die Windplaas se nege windlaaiers, wat elk 90 meter hoog is, en toegerus is met lemme wat 50 meter lank is, sal krag voorsien aan sowat 5,000 huishoudings en behoort ’n aansienlike verligting te bring vir Eskom.

Die windlaaiers is uiters goed saamgestel, en die lemme staan net stil as daar geen wind waai nie.

Die windlaaiers se onderhoudskoste is aansienlik laer as die gewone kragsentrales en het ook die voordeel dat dit nie lugbesoedeling veroorsaak nie.