Weermag gaan duur voertuie kry

Die Infanterievoertuig, bekend as die Badger, wat nagenoeg R66 miljoen elk kan kos, gaan belastingbetalers weer ’n slag toedien.

Die kontrak wat nou reeds vir etlike jare sloer, is blykbaar gefinaliseer en sal uiteindelik die reeks Ratels vervang.

Die jare se vertraging om die nuwe voertuie te vervaardig en aan die weermag beskikbaar te stel, is uiteindelik verby, en gaan daar sowat 230 Badgers aangekoop word.

Dit behoort die land sowat R16 miljard uit die sak te jaag.

Kenners is van oordeel dat die transaksie eerder uitgestel moes word, gesien die swak ekonomiese klimaat waarin die land verkeer, asook die feit dat die weermag tans ’n sukkelende struktuur het met te veel interne probleme.

Kommer bestaan dat die Projek Hoefyster in die grootste geheimsinnigheid aangegaan is, en dat die reuse koste te midde van ’n al swakker wordende Rand, nie voordelig is vir die land nie.

Denel het aanvanklik te kenne gegee dat die Badger teen sowat R45 miljoen elk verskaf kan word. Nou het die prys gestyg tot ’n astronomiese bedrag van R66miljoen terwyl die land in ’n tyd “van groot vrede” is, het ’n politieke ontleder gesê.

“Is die prys so vasgestel omdat die sukkelende Denel ’n finansiële inspuiting verdien, word gevra.