Weermag basis in chaos

Die militêre basisse van die Weermag in Sentraal- en Wes-Transvaal is in ’n chaotiese toestand en dringende aandag moet gegee word aan die vervalle toestande.

Dit blyk dat die weermag en die regering aangekla kan word van onmenslikheid nadat vasgestel is dat parlementariërs geskok was met hulle besoeke aan die basisse.

Die Doornkop en Lenz basisse in die omgewing van Johannesburg-gebied is van die ergste gebiede wat van onmenslikheid spreek.

Geboue is in ’n erg verwaarloosde toestand en plakkers is besig om die verwaarloosde plekke te beset. Daar is ’n reuse tekort aan woonhuise vir soldate, en die paaie daarheen is haas onbegaanbaar.

Die basisse beskik oor feitlik geen voertuie nie en die uitermatige swak dissipline van soldate wat nie opdaag vir werk nie, is skynbaar meer betrokke by diefstal, roof en bedrogsake.

Kenners sê die basisse is swakker as in enige ander Afrikastaat, en kan deels beskou word as ’n vergrype deur die regering, wat kan meebring dat vervolging nie uitgesluit is nie.