Vrou sit vas in solder

Toe ’n bejaarde dame in Australië die trek van wind deur haar huis gevoel het, en alles nagegaan het, kon sy net nog een stap volg, en dit is om seker te maak dat alles reg is op die solder van haar woonhuis.

Dit het daartoe gelei dat sy gegly en geval het, en nie weer kon af beweeg na die grondvloer van die huis nie.

Na vier dae het vriende bekommerd geraak omdat hulle telefoon oproepe nie beantwoord word nie, en het die brandweer uiteindelik tot haar redding gekom en haar bevry uit die solder.

Die brandweer personeel moes ’n gat in die huis se dak sny om haar met ‘n draagbaar uit die solder te kry. Die draagbaar moes met toue afgesak word.

Daarna is sy na ’n nabygeleë hospitaal geneem om teen ontwatering en ‘n armbesering behandel te word.