Vreemde skildery duur verkoop

Die berugte Britse straat-kunstenaar, Banksy, wie se ware naam onbekend is, se skildery is in Miami deur ’n onbekende persoon vir R6,3 miljoen op ’n veiling gekoop.

Die muurskildery, getiteld as Kissing Coppers wat in die omgewing van 2006 geskilder is, is glo bedoel om ’n waarskuwende boodskap te dra.

Die skildery, was aanvanklik ’n skilderwerk op die buitemuur van ’n kroeg in Brighton, Engeland.

Niemand weet wat ene Banksy se regte name is nie, maar alhoewel die skilder berug geword het vir sy skilderye en die boodskappe wat dit veronderstel is om te dra, het mense reeds miljoene Rand betaal vir van sy werke.